Meer oor Éxito!

Die Doel

Die doel van Éxito is om reeds op ’n vroeë ouderdom te verseker dat kinders se ontwikkelingsfondamente sterk vasgelê word sodat hulle die nodige vaardighede sal hê wanneer hulle skool toe gaan en dat die fondamente gebruik kan word om verdere sukses op te bou.

Vandaar ook die naam Éxito, Spaans vir “sukses”.  Éxito gee dus die kind die benodigdhede om die wedren van die lewe te begin hardloop. Dus die leuse “Op jou merke, gereed, gaan!” na sukses.

Kinderontwikkeling het soveel verskeie areas en aspekte wat interafhanklik is van mekaar, daarom bied Éxito ‘n breë area van stimulering vir optimale ontwikkeling. Soos gesien kan word in die logo, Éxito, word daar aandag gegee word aan die stimulasie van grofmotoriese-, fynmotoriese-, sensoriese en perseptuele vaardighede.

Eenvoudige aktiwiteite wat speel uitlok en ryk is aan stimulasie vir al die areas van ontwikkeling!

Wat Maak Die Program So Uniek?

Aktiwiteite is ouderdom spesifiek geskryf vir die ondersteuning van normale ontwikkeling
​Die aktiwiteite is eenvoudig geskryf en doenbaar vir die elke dag mamma, ouma of oppasser
​Die aktiwiteit gaan verseker dat die tyd (kort maar effektief) saam met jou kleinding kwaliteit tyd is wat ook sal sorg vir “bonding”
Die aktiwiteite word uitgevoer met eenvoudige items wat reeds in die huis is of maklik bekombaar is en jou nie ‘n arm en been gaan kos nie
Aktiwiteite is PRET en RYK aan stimulasie

GETUIENISSE

“Éxito saam my kleinkind is so lekker. Dit laat my elke keer net weer besef hoe die eenvoudigste alledaagse items ‘n klein lyfie so baie kan leer. Sommer goedjies so uit my huis of tuin. Dit is te lekker. Ek en sy speel en leer ewe lekker saam. Sy is ouma se slimste pop. Baie trots op haar.

Ouma Adri Scholtz

Nina (11 maande oud) se ouma

Die EXITO program word voluit gevolg in my dagprogram by die 3-4jaar klas. EXITO is ‘n program wat die kleuters baie goed toerus en wat my as onderwyseres baie gehelp het.

Omdat Exito deur arbeidsterapeute saamgestel is word elke vlak van ontwikkeling volledig behandel en bemeester. Die oefeninge word behandel en gedemonstreer  en sodoende bemeester. Die oefeninge en akademiese ontleding in die program is baie goed en ek kan die program met graagte aanbeveel. Indien die program gevolg word is jy verseker dat alle kognitiewe, konsentrasie, persepsie , ruimtelike orientasie , fyn- asook groot motoriese probleme vroeg aangespreek kan word, waarna daar meer intens met kleuters afsonderlik gewerk kan word.

EXITO is ‘n groot aanwins by ons skool en rus ons as onderwysers asook die kleuters toe met kennis.

RALINE PRETORIUS

ONDERWYSERES 3-4 JAAR, KLOUTER KLITSIES – GROBLERSDAL

Ons doen die sewe tot nege maande tuis stimulasie program en ons dogtertjie was soms lekker uitgedaag, maar ons kon met elke week se oefeninge haar vordering sien, en sy presteer so mooi volgens haar mylpale. Ons geniet die oefeninge so baie, behalwe vir die feit dat dit ons kleinding stimuleer is dit ook so lekker en spesiaal om al van so kleins af sulke aktiwiteite saam met haar te kan doen, en dan natuurlik haar duidelike vordering te kan sien. Dis ongelooflik!

Elishia Dixon

Janli (9 maande oud) se mamma

Hallo! 

Het u enige vrae oor die aktiwiteite? Of oor u kind se vordering? Moenie huiwer om ons direk te kontak nie. Ons wil graag ondersteuning bied. Kontak ons ​​hieronder.

Marianne Kotzé - 072 379 1148
Cecile Nieuwoudt - 083 225 5156 (Slegs WhatsApp)