Kansellasiebeleid – Éxito Kids-intekeninge

By Éxito Kids hou ons dinge eenvoudig en buigsaam:

  • Jy kan jou intekening te eniger tyd kanselleer deur ons ‘n e-pos te stuur na support@exitokids.co.za
  • Kansellasies moet ten minste 7 dae voor jou volgende faktuurdatum gemaak word.
  • As jy later kanselleer, kan jou volgende betaling steeds deurgaan, maar geen verdere betalings sal daarna geneem word nie.
  • Let asseblief daarop: Aangesien hierdie ‘n digitale intekening is, word geen terugbetalings aangebied vir gedeeltelik gebruikte maande nie.