Stimulasie by die huis
Hoe werk dit?
Exito het stimulasie pakkette wat deur mamma of die oppasser tuis gedoen kan word om jou kind te stimuleer in verskeie areas vir optimale ontwikkeling.
Jy ontvang aktiwiteite vir 4 dae van elke week. Die ander dae kan herhaling van aktiwiteite gedoen word. Aktiwiteite is eenvoudig, bekostigbaar en ryk in stimulering. Ons poog om goedkoop en maklik bekombare benodighede te gebruik soms items wat jy heel moontlik reeds tuis het.
Aktiwiteite begin op die ouderdom van 1 maand en gaan tot die einde van Graad R.
Kostes
Kostes beloop slegs R199 per maand vir 16 aktiwiteite.
Aktiwiteite is dadelik beskikbaar vir aflaai sodra betaling ontvang is. Dus geen wagperiode.
				


